Wil God of wil Hy nie?

Dit is vir my geweldig moeilik om vrae oor God se wil te antwoord – en om eerlik te wees, dit is iets waarmee ek self al baie keer geworstel het. Want as ek sê “God wil,” dan moet ek mos ook erken dat “God wil nie” ook ‘n opsie kan wees? En dit is juis waar my denke hieroor dikwels struikel. Hoekom sou God nie wil nie? Of meer nog – hoekom sou Hy iets sleg toelaat? As God almagtig is, hoekom keer Hy nie die seer, die verlies, die donker goed wat oor ons pad kom nie?

Full disclosure: Ek is nie gemaklik met “alles het ‘n doel” of “God het dit oor my pad gestuur” praatjies nie. Ek dink die lewe is baie meer kompleks as dit.

Ek het al gesê dat ek eerder verkies om te praat van God se droom vir my lewe, as van God se wil. Drome het hoop in hulle, ruimte, lig. “Wil” voel soms koud en ver. Iewers het iets vir my oopgegaan hieroor die afgelope tyd… Ek wil probeer om hierdie spanning uit te pak – en ek wil dit doen deur jou saam te vat na twee kamers: die kamer van die kop en die kamer van die hart.

Eers: die kamer van die kop


Hier probeer ons dink oor God se wil. Maar dit is nie so maklik nie. Hier begin ons vrae vra soos:

Het God hierdie moeilike ding oor my pad gebring? Hoekom het Hy dit toegelaat? Hoekom keer Hy nie slegte dinge nie? Hoekom spaar Hy ons nie van pyn nie?

Maar ek het al besef — wanneer ek op hierdie manier oor God se wil probeer dink, is ek in die verkeerde kamer. Dit is soos om vir ‘n sesjarige kind te vra om dié som te maak:

Neem die jaar waarin Suid-Afrika sy eerste demokratiese verkiesing gehad het, tel daarby die huidige BTW-koers, plus een, minus tien. Maal dan jou antwoord met twee. ‘n Volwassene kan dit maklik uitwerk, maar vir ‘n kind is dit eenvoudig onmoontlik — nie omdat die kind dom is nie, maar omdat hy of sy nie die verwysingsraamwerk het nie.

Net so is dit met ons en God se wil. Wanneer ons met net ons verstand probeer verstaan, mis ons dalk iets baie belangriker. Want God se wil is nie net iets om te verstaan nie. Dis iets veel groter.

Dan: die kamer van die hart


Dis hier waar dinge anders begin werk. Hier redeneer ons nie – ons voel. En hier klink een van die belangrikste verse in die Bybel duideliker as ooit:

“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” (Romeine 8:28)

Wanneer ons in die kamer van die hart oor God se wil praat, dan sê ons nie altyd presies hoe of hoekom dinge gebeur nie. Ons sê eerder: Somehow, gaan dit okay wees. Want Christus het reeds die finale oorwinning behaal. Die wedstryd is klaar gewen.

Ek dink aan ‘n rugbywedstryd. Die een span loop teen die middel van die twee helfte met 70 punte voor. Een van hulle skop na die pale – en mis. Dis sleg in die oomblik, ja. Maar hulle gaan nie die wedstryd verloor nie. Die uitkoms is nie in gevaar nie. En net so, in Christus het ons die lewe gewen. Ons mag dalk soms die pale mis, dalk seerkry op die veld. Maar die uitslag is nie in twyfel nie. Ons het klaar gewen.

En dan is daar nog ‘n beeld, vir my selfs nog nader aan die hart. Ek is ‘n aangenome kind. My pa vertel dat daar een spesifieke oomblik was toe hy gevoel het ek weet hy is my pa. Ek was nog baie klein. Ons het by ‘n besige winkel uitgekom en buite was dit lawaaierig, besig en vol vreemde mense. Ek het net my kop in sy nek gedruk, my arms om hom geslaan en hom styf vasgeknyp in dit wat ek in my lyf se greep kon vasgryp.

En dit, dink ek, is hoe ons God se wil regtig moet benader. Nie altyd probeer verstaan met die kop nie. Maar vasdruk. Vas aan Hom. Soos ‘n kind wat weet: Ek is veilig in my pa se arms.

Wanneer ons oor God se wil praat, moet ons mooi kyk in watter kamer ons staan. As ons net met ons koppe probeer redeneer, gaan ons dalk moed verloor. Maar as ons in die kamer van die hart staan – daar waar ons voel, vertrou, en vashou – dan beleef ons iets anders. Dan weet ons: al is dinge sleg, al verstaan ek nie – somehow gaan dit okay wees.

Want Hy laat alles ten goede meewerk vir dié wat Hom liefhet.


Lees soortgelyk

Hoekom kan mens nie sop met ‘n vurk eet nie?

Ons verwag dikwels van ander om behoeftes te vervul waarvoor hulle nie toegerus is nie. Maar wat as hulle ‘n vurk is – en…

DeurDJ MullerJan 22, 2026

Daniël-vas: “Seën ons Vader – wat ons eet en wanneer ons nié eet”

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat ek begin voorberei om saam met mense wêreldwyd die Daniël-vas te doen. Hierdie jaar begin…

DeurNadia MullerDec 31, 2025

Ek wens soms ek het anders gebid

‘n Kykie na wat dit beteken om God se teenwoordigheid te ontdek – nie net in wonderwerke nie, maar juis in siekte, seer en…

DeurNadia MullerJul 31, 2025

“I see you. It’s okay. I forgive you.”

Ons gesels gereeld oor hoe dit lyk aan die gee-kant van vergifnis, maar hierdie ervaring help mens om iets te verstaan van die ontvang-kant:…

DeurDJ MullerJul 30, 2025

Appels, Braambessies en Geloofsonderskeiding

Baie van ons keuses is nie tussen goed en sleg nie, maar tussen goed en beter. Geloofsonderskeiding is om te weet: God kies nie…

DeurNadia MullerJul 7, 2025

Lonely. No fun – With wings

’n Lekker ironiese koffiebestelling herinner my: selfs in die woestyn van onsekerheid en swaarkry het God jou nie vergeet nie — jy het nog…

DeurNadia MullerJun 26, 2025

Bak en Rou: Die genade om te lag terwyl jy huil

Ek voel hoe twee wêrelde bots – een vol verjaarsdagvreugde vir ‘n 8-jarige, die ander vol onbeskryflike pyn oor ‘n 4-jarige.

DeurNadia MullerJun 24, 2025

Wees eerlik: is jy ook ‘n f*kop?

“Genade is dat die Here f*kops liefhet” – oom Dirk se wysheid bly my by. Mense wat hul gebrokenheid erken, skep ruimte vir ware…

DeurDJ MullerJun 23, 2025

Nuut: Van binne af buite toe

Christenskap gaan nie net oor karakter nie — dit gaan oor identiteit. Om aan Christus te behoort is ‘n radikale metamorfose wat ‘n nuwe…

DeurDJ MullerJun 8, 2025

’n R1-les in dankbaarheid

’n R1 mag vir jou niks beteken nie, maar vir ’n honger kind beteken dit ’n bord kos met smaak – en ’n droom…

DeurNadia MullerMay 16, 2025

Pantoffels vir die preekstoel

Met of sonder skoene, staan ons almal elke dag in verskillende rolle of met verskillende hoedens op. Maar ons bly een mens – gevorm…

DeurNadia MullerApr 15, 2025

Die “Jesus-bolt”: Méér as net ‘n redder in lugvaart

In Lydenstyd dink ons aan Jesus se kruis en opstanding – die kern van ons geloof. Maar wat gebeur as daardie kern verdwyn? Soos…

DeurDJ MullerApr 15, 2025

𝐆𝐞𝐥𝐨𝐨𝐟, 𝐣𝐨𝐞𝐫𝐧𝐚𝐥𝐢𝐬𝐭𝐢𝐞𝐤 𝐞𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐨𝐧𝐡𝐞𝐢𝐥𝐢𝐠𝐞 𝐬𝐨𝐬𝐢𝐚𝐥𝐞 𝐦𝐞𝐝𝐢𝐚-𝐨𝐨𝐫𝐥𝐨𝐠

In ’n wêreld waar waarheid en sensasie deur mekaar loop, roep geloof ons tot verantwoordelike onderskeiding op sosiale media. Hierdie rubriek verken ons rol…

DeurDJ MullerMar 31, 2025

Beloftes van lig – Sleepvoet deur die Kalahari-sand

In die diep donkerte van die Kalahari voel elke stap deur sagte sand soos drie. Maar soms is al wat jy nodig het net…

DeurDJ MullerMar 21, 2025

Burgerskap: Wanneer stof van die hemel aan jou vellies klou

Jy dra jou burgerskap sigbaar, hoorbaar, leefbaar. Dit bepaal hoe jy leef, ander behandel, praat en dink. Paulus herinner ons: Jy is eerste burger…

DeurDJ MullerMar 21, 2025

Die Antwoord op “hoekom” lê in “Wie”

Wanneer die lewe breek en die hoekom?-vrae jou hart deurboor, bly die kruis staan—maar dit is leeg. Daar is seer, maar daar is ook…

DeurNadia MullerMar 19, 2025

Seer is onvermydelik, maar lyding is ’n keuse

Seer is onvermydelik, maar lyding is ’n keuse. Wanneer verwyte ons vasvang, gee ons ons krag weg. Ware vryheid begin wanneer ons verantwoordelikheid aanvaar—nie…

DeurDJ MullerMar 3, 2025

Elke hart het ‘n letsel of ‘n rolstoel

Ons almal dra letsels—sommige sigbaar, ander diep versteek in ons harte. Maar net omdat ’n wond nie gesien kan word nie, beteken dit nie…

DeurNadia MullerMar 3, 2025

Languedoc se ryk ou man

Ek wonder of my begrip van “baie het” reg gekalibreer is? My tuinman s’n is wel, dink ek.

DeurDJ MullerFeb 12, 2025

NUUT: Bybelstudie Sprints – kort, kragtige studies vir jou geloofsreis

Ontdek Bybelstudie Sprints! Kort, kragtige studies van 2 tot 5 sessies vir individue of groepe. Die eerste twee temas – Sabbat en Vergifnis -…

DeurDJ MullerJan 31, 2025

“Ek wil ook gedoop word”

“Ek wil ook gedoop word”, sê klein Emma (6) ‘n paar weke gelede vir haar mamma. Hierdie doop word toe “a glimpse of the…

DeurDJ MullerJan 22, 2025

Weet jy nie, weet jy nie jy’s ‘n tempel?

Ons liggame is God se tempel—maar sorg ons daarvoor soos ons moet? Nadia deel oor hoe ons gesondheid ’n daad van gehoorsaamheid aan God…

DeurNadia MullerJan 10, 2025

Wees hiervan seker in 2025!

2025 beloof seisoene van vreugde en stryd, maar een ding bly seker: God is teenwoordig in elke oomblik. Omhels elke seisoen, want selfs in…

DeurDJ MullerJan 1, 2025

Liefde het ‘n lyf nodig

Ware liefde is nooit net ’n abstrakte idee nie; dit het ’n lyf nodig. Jesus se menswording wys hoe liefde tasbaar raak deur teenwoordigheid.

DeurDJ MullerDec 23, 2024

“Ligvoet op Sondae” – Waar is ons vreugde?

’n Karwag het gesê Sondae oggende is die moeilikste, want kerkmense is nors, suinig en ongeskik. Wat sê dit oor ons vreugde en getuienis…

DeurDJ MullerDec 11, 2024

U welkom matjie

ons het al talle kere lekker saam aan U tafel geëet terwyl die bure buite raas hier was dit nog altyd stil en salig…

DeurDJ MullerNov 21, 2024

Veiligheid van die bekendheid

Ek wonder of ons nie veilig voel wanneer ons ‘n stuk van ‘n veilige verlede weer ervaar nie – die bekendheid van reuke, smake,…

DeurDJ MullerNov 9, 2024

“Uit voorraad”

Hierdie stuk poësie verwoord iets van die hartseer oor wat die kerk vir baie geword het.

DeurDJ MullerOct 30, 2024

Wet-wipes of Nardus olie?

“In daardie vyf minute van sit met haar voete op my skoot het ek weer besef dat Jesus nie is wie ek dink Hy…

DeurNadia MullerOct 27, 2024

Soms moet ek doelbewus opkyk

As jy jouself vang dat jou hart donker of swaar is, stop ’n oomblik: Kyk op en soek Hom wat vir jou lewe gee.

DeurNadia MullerSep 26, 2024

Soms skuil ek in ‘n grot

“Ons het nou ’n ooreenkoms: as sy voel soos sy voel en nie weet hoekom nie, sê sy vir my: ‘Pappa, ek gaan grot…

DeurDJ MullerSep 21, 2024

As die rand(e) val

Sou ‘n muntstuk my genoeg kon leer oor gelykheid dat ek, soos Jesus, met vreemdelinge om ‘n tafel kon sit?

DeurNadia MullerSep 8, 2024

Dis vrek seer, maar somehow okay!

“Hoe sê ons dit vir die kinders?” wonder ek. “Natuurlike oorsake? Sy het weggeraak? Sy is opgeneem en gaan dit nie maak nie?”

DeurDJ MullerSep 3, 2024

“Gee my vandag my daaglikse ladybug”

God gebruik klein tekens, soos ’n ladybug, om my aan Sy nabyheid te herinner in elke oomblik, deur vreugde en pyn, as ’n fluistering…

DeurNadia MullerAug 27, 2024

Ek’s ‘n McDonald’s mens

Ons kitslewe steel ons geduld, geloof en gemeenskap. Hoe ons behoefte aan onmiddellike bevrediging ons ware rykdom verminder.

DeurDJ MullerAug 25, 2024

Kitaar van Geloof: Hoe ons saamklink

Ontdek hoe God, jou unieke rol en die kerk saamwerk soos snare op ‘n kitaar om harmonie in die wêreld te skep. Die kerk…

DeurDJ MullerAug 24, 2024

Die pyn tussen my en Jesus

“𝐈𝐬 𝐝𝐢𝐭 𝐦𝐨𝐨𝐧𝐭𝐥𝐢𝐤 𝐝𝐚𝐭 𝐞𝐤 𝐢𝐧 𝐝𝐚𝐚𝐫𝐝𝐢𝐞 𝐬𝐞𝐞𝐫𝐤𝐫𝐲 𝐨𝐨𝐦𝐛𝐥𝐢𝐤 𝐧𝐢𝐞 𝐦𝐲 𝐞𝐢𝐞 𝐧𝐢𝐞, 𝐦𝐚𝐚𝐫 𝐉𝐞𝐬𝐮𝐬 𝐬𝐞 𝐩𝐲𝐧 𝐞𝐫𝐯𝐚𝐚𝐫 𝐡𝐞𝐭?” Het jy al ooit by…

DeurNadia MullerAug 23, 2024

Waarheen het ons tuinhekkies verdwyn?

Ek onthou uit my kinderdae ‘n hele paar tuinhekkies. Maar dis nie die hekkies in die voortuin wat by my bly nie. Dit is…

DeurDJ MullerAug 23, 2024

Ses Preke Later: Jesus se roepstem by my put

Ek wou regtig nie wéér Sondag oor Johannes 4 preek, oor Jesus wat die Samaritaanse vrou by die put ontmoet nie, maar God het…

DeurNadia MullerAug 23, 2024

Vir ingeval – ‘n Gedig

iets het voor my son inbeweeg en die lig kom steel daar is net genoeg oor dat ek nie tromp-op teen ‘n muur vas…

DeurDJ MullerAug 23, 2024

Stop en sien die son

Die padwerke in die vallei het ons in ‘n web van stop-en-go’s gevang. Hierdie gedwonge onderbrekings is ‘n bron van groot frustrasie, ‘n voortdurende…

DeurDJ MullerAug 23, 2024

Wysheid van ‘n Paternoster graf

In Paternoster het ek ‘n vriend gemaak – ‘n wyse kind uit 1981 en sy grafsteen van 1988. Hy weet nie dat ek soggens…

DeurDJ MullerJul 18, 2024