Wysheid van ‘n Paternoster graf

In Paternoster het ek ‘n vriend gemaak – ‘n wyse kind uit 1981 en sy grafsteen van 1988. Hy weet nie dat ek soggens op pad see toe, eers by hom gaan sit en luister het wat hy en Paternoster my wou leer nie.

“Sommiges bly hier omdat hulle kán, ander weer omdat hulle móét. Ons móét!”

Deel van die Onse Vader – die Paternoster – is mos om te vra vir jou daaglikse brood… Maar hier het ek begin wonder: is dié brood vir almal ewe veel? Of word daar uitgedeel na gelang van behoefte? Waarvoor bou en leef mens op hierdie aarde? Wat is dit wat die moeite werd is om eendag agter te laat vir jou mense? Miskien het klein Jerome Losper hieroor ook ‘n antwoord of twee…

“Paternoster” – Onse Vader

Paternoster is die Santorini van Suid-Afrika. Dié Weskus dorp se kenmerkende witgepleisterde huise bring ‘n kalmte in die gemoed en ‘n gevoel van reinheid. Daar is pragtige wit strande, en soggens en saans menigte vissermanne wat in die rooi gloed van die son met hul bootjies die see in en uit vaar. Paternoster spog met ‘n indrukwekkende spyskaart van restourante, koffie- en geskenkwinkels en gastehuise. Hier kom ‘n mens se siel tot bedaring en leer jy om weer stadiger asem te haal. Dit is ‘n plek wat vra dat jy jou horlosie van jou pols afhaal en die hier en nou indrink.

Dan is daar die “tikkoppe”, soos die locals hier na hul verwys, wat alle sprake van reinheid uitwis. Soos met enige dorp in Suid-Afrika, is mens ook hier bewus van die geweldige sosio-ekonomiese verval van ons land en sy mense. Misdaad het die afgelope tyd ‘n reuse uitdaging geword. As jy in Paternoster met vakansie was en weer tuis kom, is die meeste mense se eerste vraag “hoe is die misdaad?”. Dit is ontstellend dat ‘n pragtige dorp soos die, só as ‘n misdadiger gebrandmerk moet word.

Maar dit is Paternoster: rein én onrein, skoon én vuil, veilig én onveilig.

‘n Mens sien hierdie “dualisme” op baie plekke in die dorp. In St. Augustinestraat is dit veral duidelik. As jy in ‘n westelike rigting stap in dié straat, is die huise aan die regterkant pragtige groot huise wat ingerig is vir mense wat daarvan hou om gaste te vermaak. Dit het see uitsigte, meervoudige motorhuise, alarmstelsels en is baie netjies onderhou.

Aan die linkerkant is dit meer vervalle. Dit is klein huisies met min weelde. Die meeste se tuinhekkies val uitmekaar, en amper elke huisie se mense verkoop iets daaruit – bokkoms, hout of lugtyd. By baie is die paadjie na die voordeur met bottels plavei, wat onderstebo in die grond begrawe lê. Hoeveel verdriet is deur dié bottels versuip in ‘n poging om ook lig te leef? Ek wonder hoe het dit in 1981 gelyk toe Jerome hier sy eerste treë geneem het.

Jerome Losper (1981 – 1988)

Ek sukkel lank om besonderhede van Jerome se familie in die hande te kry. “Meneer, die dorp is gesaai met Lospers” sê ‘n man met ‘n bierbottel wat ek in die straat nader. Uiteindelik kry ek oom Jan se nommer in die hande – Jerome se pa. Ons gesprek was korter as twee minute, want oom Jan se hart “is nog te rou”. “My ander seun is nou amper ‘n jaar terug ook weg…”, sê oom Jan saggies aan die anderkant van die telefoon. “…Dit is nou net Lavonia wat oor is”. Jerome was ‘n avontuurlustige seuntjie en wou graag in sy pa se visserman spore volg. Oom Jan het in die 80’s by die visfabriek in Paternoster gewerk. Klein Jerome het elke dag ywerig agter sy pa aan gehardloop wanneer hulle afgaan see toe om die dag se vis in te bring. Hy het die lewe gelééf, sonder dempers of te veel oordenking. Voor die hotel in die einste St. Augustinestraat beland hy in 1988 onder ‘n bus, en nou sit ek en staar na sy kleurvolle en goed-versorgde graf tussen die goudgeel Ierse Rose van die begrafplaas. Dit lyk nie of daar baie grafte is nie en Jerome s’n is amper die enigste een wat versorg is. Hoekom? Dit is al amper 35 jaar later… Ek vra dit ook vir oom Jan net voor hy nie meer wil praat nie en begin totsiens sê. “Ons vier sy lewe” antwoord hy.

Geen huis of ander besitting, prestasie of roem kon bydra daartoe dat Jerome Losper se lewe tot vandag toe gevier word nie. Dit is sy net menswees – sy kindwees – wat mense aan die hart gegryp het. Sy menswees is sy nalatenskap, en dit is té groot vir enige boedel of testament. My vriend in Paternoster het my gehelp om te besef dat mens ware rykdom aan iemand se menswees moet meet. Ek wil my lewe só leef dat iemand ook eendag my graf sal wil versier en netjies hou. My huisie kan hul maar baksteen vir baksteen wegdra.


Lees soortgelyk

Hoekom kan mens nie sop met ‘n vurk eet nie?

Ons verwag dikwels van ander om behoeftes te vervul waarvoor hulle nie toegerus is nie. Maar wat as hulle ‘n vurk is – en…

DeurDJ MullerJan 22, 2026

“I see you. It’s okay. I forgive you.”

Ons gesels gereeld oor hoe dit lyk aan die gee-kant van vergifnis, maar hierdie ervaring help mens om iets te verstaan van die ontvang-kant:…

DeurDJ MullerJul 30, 2025

Lonely. No fun – With wings

’n Lekker ironiese koffiebestelling herinner my: selfs in die woestyn van onsekerheid en swaarkry het God jou nie vergeet nie — jy het nog…

DeurNadia MullerJun 26, 2025

Bak en Rou: Die genade om te lag terwyl jy huil

Ek voel hoe twee wêrelde bots – een vol verjaarsdagvreugde vir ‘n 8-jarige, die ander vol onbeskryflike pyn oor ‘n 4-jarige.

DeurNadia MullerJun 24, 2025

Wees eerlik: is jy ook ‘n f*kop?

“Genade is dat die Here f*kops liefhet” – oom Dirk se wysheid bly my by. Mense wat hul gebrokenheid erken, skep ruimte vir ware…

DeurDJ MullerJun 23, 2025

Nuut: Van binne af buite toe

Christenskap gaan nie net oor karakter nie — dit gaan oor identiteit. Om aan Christus te behoort is ‘n radikale metamorfose wat ‘n nuwe…

DeurDJ MullerJun 8, 2025

’n R1-les in dankbaarheid

’n R1 mag vir jou niks beteken nie, maar vir ’n honger kind beteken dit ’n bord kos met smaak – en ’n droom…

DeurNadia MullerMay 16, 2025

Wil God of wil Hy nie?

Is God se wil iets om te verstaan… of iets om te vertrou? Want soms, ten spyte van seer en vrae, sê die hart…

DeurDJ MullerMay 9, 2025

Pantoffels vir die preekstoel

Met of sonder skoene, staan ons almal elke dag in verskillende rolle of met verskillende hoedens op. Maar ons bly een mens – gevorm…

DeurNadia MullerApr 15, 2025

𝐆𝐞𝐥𝐨𝐨𝐟, 𝐣𝐨𝐞𝐫𝐧𝐚𝐥𝐢𝐬𝐭𝐢𝐞𝐤 𝐞𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐨𝐧𝐡𝐞𝐢𝐥𝐢𝐠𝐞 𝐬𝐨𝐬𝐢𝐚𝐥𝐞 𝐦𝐞𝐝𝐢𝐚-𝐨𝐨𝐫𝐥𝐨𝐠

In ’n wêreld waar waarheid en sensasie deur mekaar loop, roep geloof ons tot verantwoordelike onderskeiding op sosiale media. Hierdie rubriek verken ons rol…

DeurDJ MullerMar 31, 2025

Beloftes van lig – Sleepvoet deur die Kalahari-sand

In die diep donkerte van die Kalahari voel elke stap deur sagte sand soos drie. Maar soms is al wat jy nodig het net…

DeurDJ MullerMar 21, 2025

Seer is onvermydelik, maar lyding is ’n keuse

Seer is onvermydelik, maar lyding is ’n keuse. Wanneer verwyte ons vasvang, gee ons ons krag weg. Ware vryheid begin wanneer ons verantwoordelikheid aanvaar—nie…

DeurDJ MullerMar 3, 2025

Elke hart het ‘n letsel of ‘n rolstoel

Ons almal dra letsels—sommige sigbaar, ander diep versteek in ons harte. Maar net omdat ’n wond nie gesien kan word nie, beteken dit nie…

DeurNadia MullerMar 3, 2025

Languedoc se ryk ou man

Ek wonder of my begrip van “baie het” reg gekalibreer is? My tuinman s’n is wel, dink ek.

DeurDJ MullerFeb 12, 2025

Weet jy nie, weet jy nie jy’s ‘n tempel?

Ons liggame is God se tempel—maar sorg ons daarvoor soos ons moet? Nadia deel oor hoe ons gesondheid ’n daad van gehoorsaamheid aan God…

DeurNadia MullerJan 10, 2025

Wees hiervan seker in 2025!

2025 beloof seisoene van vreugde en stryd, maar een ding bly seker: God is teenwoordig in elke oomblik. Omhels elke seisoen, want selfs in…

DeurDJ MullerJan 1, 2025

Liefde het ‘n lyf nodig

Ware liefde is nooit net ’n abstrakte idee nie; dit het ’n lyf nodig. Jesus se menswording wys hoe liefde tasbaar raak deur teenwoordigheid.

DeurDJ MullerDec 23, 2024

“Ligvoet op Sondae” – Waar is ons vreugde?

’n Karwag het gesê Sondae oggende is die moeilikste, want kerkmense is nors, suinig en ongeskik. Wat sê dit oor ons vreugde en getuienis…

DeurDJ MullerDec 11, 2024

Veiligheid van die bekendheid

Ek wonder of ons nie veilig voel wanneer ons ‘n stuk van ‘n veilige verlede weer ervaar nie – die bekendheid van reuke, smake,…

DeurDJ MullerNov 9, 2024

Wet-wipes of Nardus olie?

“In daardie vyf minute van sit met haar voete op my skoot het ek weer besef dat Jesus nie is wie ek dink Hy…

DeurNadia MullerOct 27, 2024

Soms moet ek doelbewus opkyk

As jy jouself vang dat jou hart donker of swaar is, stop ’n oomblik: Kyk op en soek Hom wat vir jou lewe gee.

DeurNadia MullerSep 26, 2024

Soms skuil ek in ‘n grot

“Ons het nou ’n ooreenkoms: as sy voel soos sy voel en nie weet hoekom nie, sê sy vir my: ‘Pappa, ek gaan grot…

DeurDJ MullerSep 21, 2024

As die rand(e) val

Sou ‘n muntstuk my genoeg kon leer oor gelykheid dat ek, soos Jesus, met vreemdelinge om ‘n tafel kon sit?

DeurNadia MullerSep 8, 2024

Dis vrek seer, maar somehow okay!

“Hoe sê ons dit vir die kinders?” wonder ek. “Natuurlike oorsake? Sy het weggeraak? Sy is opgeneem en gaan dit nie maak nie?”

DeurDJ MullerSep 3, 2024

Ek’s ‘n McDonald’s mens

Ons kitslewe steel ons geduld, geloof en gemeenskap. Hoe ons behoefte aan onmiddellike bevrediging ons ware rykdom verminder.

DeurDJ MullerAug 25, 2024

Waarheen het ons tuinhekkies verdwyn?

Ek onthou uit my kinderdae ‘n hele paar tuinhekkies. Maar dis nie die hekkies in die voortuin wat by my bly nie. Dit is…

DeurDJ MullerAug 23, 2024

Vir ingeval – ‘n Gedig

iets het voor my son inbeweeg en die lig kom steel daar is net genoeg oor dat ek nie tromp-op teen ‘n muur vas…

DeurDJ MullerAug 23, 2024

Stop en sien die son

Die padwerke in die vallei het ons in ‘n web van stop-en-go’s gevang. Hierdie gedwonge onderbrekings is ‘n bron van groot frustrasie, ‘n voortdurende…

DeurDJ MullerAug 23, 2024