ons het al talle kere lekker saam aan U tafel geëet
terwyl die bure buite raas
hier was dit nog altyd stil en salig – ’n lafenis
vir ’n moeë siel
ek sien sommige gaste se tasse staan al in die gang
hulle is seker al amper op pad?
U nooi hul vir nóg ’n koppie tee
ek weet van kere wat ek my kamerdeur toegeklap het
en alleen op my bed gaan lê het, met die vensters oop
dat ek die bure se musiek kan hoor
maar dan eerder U voetstappe in die gang hoor aankom
en aan my deur kom klop
ek moet erken – soms wou ek ook al my tassie pak
maar ek het nie
want die die welkom matjie voor U deur groet my op my naam