“Ligvoet op Sondae” – Waar is ons vreugde?

Vriende van ons het onlangs vir die eerste keer ouers geword van ’n pragtige dogtertjie. En kyk, die blydskap straal uit hulle uit. Dié nuwe lewe in hul gesin het alles verander – hulle energie, hul fokus, selfs hul manier van praat en dink. Dis onmiskenbaar: hierdie nuwe lewetjie het ’n diep, blywende indruk op hulle gemaak. Hou hierdie beeld van die gesin in jou gedagtes; ons kom in ’n oomblik weer terug na hulle toe.

In Pretoria het ’n karwag eendag iets gesê wat my diep laat dink het. Hy het vertel dat hy op Sondae oggende tussen 10:00 en 12:00 altyd op sy hoede is. Dit is, volgens hom, die tyd wanneer kerkmense ná die diens by winkels aandoen – en dis dan wanneer hy met die meeste ongeskiktheid, norsheid en suinigheid te doen kry. Sy woorde het my geruk: “Daardie tyd loop ons maar ligvoet,” het hy gesê. Wat ’n hartseer getuienis van die kerk – en van ons as gelowiges!

Waarom, vra ek myself, is dit só? Waarom straal ons as kinders van God soms nie die vreugde en barmhartigheid uit waartoe ons geroep is nie? Die Skrif wys tog onomwonde watter soort lewe by ons as volgelinge van Christus pas:

“Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!”Filippense 4:4

“Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.”Lukas 6:36

“Die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.”Galasiërs 5:22-23

“Die koninkryk van God is nie ’n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.”Romeine 14:17

“Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap!”Psalm 100:1-2

Deur al hierdie verse hoor ons dieselfde goue boodskap: ons het ’n rede – ’n diep, onwrikbare rede – om vreugdevol en vol vrede te leef. Ons is nie geroep om bitter of suinig te wees nie, maar om barmhartig (of WARMhartig!) te wees – mense wat die wêreld met vriendelikheid en ’n positiewe gees tegemoet tree.

Nou vra jy dalk: “Hoe is dit moontlik om in hierdie gebroke wêreld vreugdevol te wees?” Iemand het eens gesê dat ware vreugde dikwels gebore word uit die ervaring van ware smart. Sonder God sou hierdie wêreld inderdaad ’n plek van onuitspreeklike ellende en wanhoop wees – hel op aarde. Maar ons wêreld is nie hel nie. Dit is ook nie hemel nie, maar alles wat beter is as die hel, is te danke aan God se liefdevolle betrokkenheid in Sy skepping. Dit is genade – Sy genade – wat ons rede gee om met vreugde te leef, al is die lewe soms moeilik.

Kom ons keer terug na die gesinnetjie aan die begin van ons storie. Daardie klein dogtertjie het ’n wêreld van vreugde in haar ouers se lewens gebring. So is dit ook met ons – nuwelinge in die koninkryk van God:

“Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel.”Romeine 6:4

Ons is nie meer wie ons was nie; ons is nuwe skepsels in Christus, deel van Sy koninkryksgesin. Waarom ontbreek ons vreugde soms? Waar is ons positiewe gees dikwels? Laat ons onthou wie ons is – en Wie ons dien – en dit met blydskap en barmhartigheid uitleef. Want ’n wêreld vol liefdevolle, vreugdevolle kinders van God kan ’n getuienis wees wat selfs ’n karwag laat glimlag.


Lees soortgelyk

Hoekom kan mens nie sop met ‘n vurk eet nie?

Ons verwag dikwels van ander om behoeftes te vervul waarvoor hulle nie toegerus is nie. Maar wat as hulle ‘n vurk is – en…

DeurDJ MullerJan 22, 2026

Daniël-vas: “Seën ons Vader – wat ons eet en wanneer ons nié eet”

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat ek begin voorberei om saam met mense wêreldwyd die Daniël-vas te doen. Hierdie jaar begin…

DeurNadia MullerDec 31, 2025

Ek wens soms ek het anders gebid

‘n Kykie na wat dit beteken om God se teenwoordigheid te ontdek – nie net in wonderwerke nie, maar juis in siekte, seer en…

DeurNadia MullerJul 31, 2025

“I see you. It’s okay. I forgive you.”

Ons gesels gereeld oor hoe dit lyk aan die gee-kant van vergifnis, maar hierdie ervaring help mens om iets te verstaan van die ontvang-kant:…

DeurDJ MullerJul 30, 2025

Appels, Braambessies en Geloofsonderskeiding

Baie van ons keuses is nie tussen goed en sleg nie, maar tussen goed en beter. Geloofsonderskeiding is om te weet: God kies nie…

DeurNadia MullerJul 7, 2025

Lonely. No fun – With wings

’n Lekker ironiese koffiebestelling herinner my: selfs in die woestyn van onsekerheid en swaarkry het God jou nie vergeet nie — jy het nog…

DeurNadia MullerJun 26, 2025

Bak en Rou: Die genade om te lag terwyl jy huil

Ek voel hoe twee wêrelde bots – een vol verjaarsdagvreugde vir ‘n 8-jarige, die ander vol onbeskryflike pyn oor ‘n 4-jarige.

DeurNadia MullerJun 24, 2025

Wees eerlik: is jy ook ‘n f*kop?

“Genade is dat die Here f*kops liefhet” – oom Dirk se wysheid bly my by. Mense wat hul gebrokenheid erken, skep ruimte vir ware…

DeurDJ MullerJun 23, 2025

Nuut: Van binne af buite toe

Christenskap gaan nie net oor karakter nie — dit gaan oor identiteit. Om aan Christus te behoort is ‘n radikale metamorfose wat ‘n nuwe…

DeurDJ MullerJun 8, 2025

’n R1-les in dankbaarheid

’n R1 mag vir jou niks beteken nie, maar vir ’n honger kind beteken dit ’n bord kos met smaak – en ’n droom…

DeurNadia MullerMay 16, 2025

Wil God of wil Hy nie?

Is God se wil iets om te verstaan… of iets om te vertrou? Want soms, ten spyte van seer en vrae, sê die hart…

DeurDJ MullerMay 9, 2025

Pantoffels vir die preekstoel

Met of sonder skoene, staan ons almal elke dag in verskillende rolle of met verskillende hoedens op. Maar ons bly een mens – gevorm…

DeurNadia MullerApr 15, 2025

Die “Jesus-bolt”: Méér as net ‘n redder in lugvaart

In Lydenstyd dink ons aan Jesus se kruis en opstanding – die kern van ons geloof. Maar wat gebeur as daardie kern verdwyn? Soos…

DeurDJ MullerApr 15, 2025

𝐆𝐞𝐥𝐨𝐨𝐟, 𝐣𝐨𝐞𝐫𝐧𝐚𝐥𝐢𝐬𝐭𝐢𝐞𝐤 𝐞𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐨𝐧𝐡𝐞𝐢𝐥𝐢𝐠𝐞 𝐬𝐨𝐬𝐢𝐚𝐥𝐞 𝐦𝐞𝐝𝐢𝐚-𝐨𝐨𝐫𝐥𝐨𝐠

In ’n wêreld waar waarheid en sensasie deur mekaar loop, roep geloof ons tot verantwoordelike onderskeiding op sosiale media. Hierdie rubriek verken ons rol…

DeurDJ MullerMar 31, 2025

Beloftes van lig – Sleepvoet deur die Kalahari-sand

In die diep donkerte van die Kalahari voel elke stap deur sagte sand soos drie. Maar soms is al wat jy nodig het net…

DeurDJ MullerMar 21, 2025

Burgerskap: Wanneer stof van die hemel aan jou vellies klou

Jy dra jou burgerskap sigbaar, hoorbaar, leefbaar. Dit bepaal hoe jy leef, ander behandel, praat en dink. Paulus herinner ons: Jy is eerste burger…

DeurDJ MullerMar 21, 2025

Die Antwoord op “hoekom” lê in “Wie”

Wanneer die lewe breek en die hoekom?-vrae jou hart deurboor, bly die kruis staan—maar dit is leeg. Daar is seer, maar daar is ook…

DeurNadia MullerMar 19, 2025

Seer is onvermydelik, maar lyding is ’n keuse

Seer is onvermydelik, maar lyding is ’n keuse. Wanneer verwyte ons vasvang, gee ons ons krag weg. Ware vryheid begin wanneer ons verantwoordelikheid aanvaar—nie…

DeurDJ MullerMar 3, 2025

Elke hart het ‘n letsel of ‘n rolstoel

Ons almal dra letsels—sommige sigbaar, ander diep versteek in ons harte. Maar net omdat ’n wond nie gesien kan word nie, beteken dit nie…

DeurNadia MullerMar 3, 2025

Languedoc se ryk ou man

Ek wonder of my begrip van “baie het” reg gekalibreer is? My tuinman s’n is wel, dink ek.

DeurDJ MullerFeb 12, 2025

NUUT: Bybelstudie Sprints – kort, kragtige studies vir jou geloofsreis

Ontdek Bybelstudie Sprints! Kort, kragtige studies van 2 tot 5 sessies vir individue of groepe. Die eerste twee temas – Sabbat en Vergifnis -…

DeurDJ MullerJan 31, 2025

“Ek wil ook gedoop word”

“Ek wil ook gedoop word”, sê klein Emma (6) ‘n paar weke gelede vir haar mamma. Hierdie doop word toe “a glimpse of the…

DeurDJ MullerJan 22, 2025

Weet jy nie, weet jy nie jy’s ‘n tempel?

Ons liggame is God se tempel—maar sorg ons daarvoor soos ons moet? Nadia deel oor hoe ons gesondheid ’n daad van gehoorsaamheid aan God…

DeurNadia MullerJan 10, 2025

Wees hiervan seker in 2025!

2025 beloof seisoene van vreugde en stryd, maar een ding bly seker: God is teenwoordig in elke oomblik. Omhels elke seisoen, want selfs in…

DeurDJ MullerJan 1, 2025

Liefde het ‘n lyf nodig

Ware liefde is nooit net ’n abstrakte idee nie; dit het ’n lyf nodig. Jesus se menswording wys hoe liefde tasbaar raak deur teenwoordigheid.

DeurDJ MullerDec 23, 2024

U welkom matjie

ons het al talle kere lekker saam aan U tafel geëet terwyl die bure buite raas hier was dit nog altyd stil en salig…

DeurDJ MullerNov 21, 2024

Veiligheid van die bekendheid

Ek wonder of ons nie veilig voel wanneer ons ‘n stuk van ‘n veilige verlede weer ervaar nie – die bekendheid van reuke, smake,…

DeurDJ MullerNov 9, 2024

“Uit voorraad”

Hierdie stuk poësie verwoord iets van die hartseer oor wat die kerk vir baie geword het.

DeurDJ MullerOct 30, 2024

Wet-wipes of Nardus olie?

“In daardie vyf minute van sit met haar voete op my skoot het ek weer besef dat Jesus nie is wie ek dink Hy…

DeurNadia MullerOct 27, 2024

Soms moet ek doelbewus opkyk

As jy jouself vang dat jou hart donker of swaar is, stop ’n oomblik: Kyk op en soek Hom wat vir jou lewe gee.

DeurNadia MullerSep 26, 2024

Soms skuil ek in ‘n grot

“Ons het nou ’n ooreenkoms: as sy voel soos sy voel en nie weet hoekom nie, sê sy vir my: ‘Pappa, ek gaan grot…

DeurDJ MullerSep 21, 2024

As die rand(e) val

Sou ‘n muntstuk my genoeg kon leer oor gelykheid dat ek, soos Jesus, met vreemdelinge om ‘n tafel kon sit?

DeurNadia MullerSep 8, 2024

Dis vrek seer, maar somehow okay!

“Hoe sê ons dit vir die kinders?” wonder ek. “Natuurlike oorsake? Sy het weggeraak? Sy is opgeneem en gaan dit nie maak nie?”

DeurDJ MullerSep 3, 2024

“Gee my vandag my daaglikse ladybug”

God gebruik klein tekens, soos ’n ladybug, om my aan Sy nabyheid te herinner in elke oomblik, deur vreugde en pyn, as ’n fluistering…

DeurNadia MullerAug 27, 2024

Ek’s ‘n McDonald’s mens

Ons kitslewe steel ons geduld, geloof en gemeenskap. Hoe ons behoefte aan onmiddellike bevrediging ons ware rykdom verminder.

DeurDJ MullerAug 25, 2024

Kitaar van Geloof: Hoe ons saamklink

Ontdek hoe God, jou unieke rol en die kerk saamwerk soos snare op ‘n kitaar om harmonie in die wêreld te skep. Die kerk…

DeurDJ MullerAug 24, 2024

Die pyn tussen my en Jesus

“𝐈𝐬 𝐝𝐢𝐭 𝐦𝐨𝐨𝐧𝐭𝐥𝐢𝐤 𝐝𝐚𝐭 𝐞𝐤 𝐢𝐧 𝐝𝐚𝐚𝐫𝐝𝐢𝐞 𝐬𝐞𝐞𝐫𝐤𝐫𝐲 𝐨𝐨𝐦𝐛𝐥𝐢𝐤 𝐧𝐢𝐞 𝐦𝐲 𝐞𝐢𝐞 𝐧𝐢𝐞, 𝐦𝐚𝐚𝐫 𝐉𝐞𝐬𝐮𝐬 𝐬𝐞 𝐩𝐲𝐧 𝐞𝐫𝐯𝐚𝐚𝐫 𝐡𝐞𝐭?” Het jy al ooit by…

DeurNadia MullerAug 23, 2024

Waarheen het ons tuinhekkies verdwyn?

Ek onthou uit my kinderdae ‘n hele paar tuinhekkies. Maar dis nie die hekkies in die voortuin wat by my bly nie. Dit is…

DeurDJ MullerAug 23, 2024

Ses Preke Later: Jesus se roepstem by my put

Ek wou regtig nie wéér Sondag oor Johannes 4 preek, oor Jesus wat die Samaritaanse vrou by die put ontmoet nie, maar God het…

DeurNadia MullerAug 23, 2024

Vir ingeval – ‘n Gedig

iets het voor my son inbeweeg en die lig kom steel daar is net genoeg oor dat ek nie tromp-op teen ‘n muur vas…

DeurDJ MullerAug 23, 2024

Stop en sien die son

Die padwerke in die vallei het ons in ‘n web van stop-en-go’s gevang. Hierdie gedwonge onderbrekings is ‘n bron van groot frustrasie, ‘n voortdurende…

DeurDJ MullerAug 23, 2024

Wysheid van ‘n Paternoster graf

In Paternoster het ek ‘n vriend gemaak – ‘n wyse kind uit 1981 en sy grafsteen van 1988. Hy weet nie dat ek soggens…

DeurDJ MullerJul 18, 2024