Voor my in die ry staan βn ma, seker in haar veertigs, met drie kinders. Hulle filosofeer en kontempleer oor die gedagte of hulle enigsins iets anders, behalwe die drie goedkoop roomyse, by McDonaldβs wil bestel. Later begin ek iets soek om teen te leun. As hulle sΓ³ lank vat om te besluit of hulle middagete hier gaan bestel en of hulle nou sommer net βn roomys gaan eet, hoe lank gaan dit neem om hul bestelling te plaas, murmureer ek in my binneste. Ek is honger en ek is moeg gewag.
Toe dit uiteindelik my beurt raak om te bestel, moet ek hoor dat die roomysmasjien nou eers weer van vooraf sal moet roomys maak, omdat hulle die laaste roomys gebruik het vir die drie kinders voor my. Die temperatuurmeter op die tjipsmaker en diΓ© op my voorkop se lesings is dieselfde. βEk is baie haastig, moes lank in βn ry staan en nou dΓt!β Ek stap vies by die deur uit.
En toe tref die belaglikheid van diΓ© restaurant my: Ek meld aan by βn kitskosrestaurant, dan word daar van my verwag om in βn ry te staan Γ©n vir my bestelling te wag. Kort daarna tref βn ander belaglikheid my: ekself!
Ek het in βn paar jaar se tyd βn kitsmens geword. Ek sit nie meer in restaurante wat met sorg en kreatiwiteit my bestelling voorberei nie, ek verkies eetplekke wat binne vyf minute my honger kan stil. Ek koop nie meer saadjies om in die tuin te saai nie, ek kry eerder klein plantjies wat reeds suksesvol aan die groei is, want dan kan ek dadelik sien dat daar iets geplant is. Ek wil nie meer fliek toe gaan nie, ek wil in my TV-kamer sit en dit op Netflix kyk. Ek het die aromatiese ervaring van koffiebone maal verruil vir βn pakkie kits-Cappuccino. Ek was nie meer die goggatjies van my buffer af nie, ek ry liewer tot by die karwasplek sodat daardie groot borselmasjiene dit kan doen, terwyl ek binne-in die motor sit en luister na βn selfhelp-podcast.
Maak ons smagting na alles wat kits en maklik is, ons nie juis arm mense nie β mense wat vinniger as tyd probeer leef?
Ek het βn instant-mens geword β in soveel aspekte van my lewe. Dit het moeite geword om probleme met my medemens ordentlik deur te praat. Ek verkies iets eenvoudig en kits, soos om hulle te ignoreer of te unfriend. Wat gaan van ons word as ons alles in βn kits en onmiddellik wil hΓͺ en doen? Loop ons iets mis omdat ons nie bereid is om ons eie veertig jaar in die woestyn te spandeer nie? Probeer ons tyd wen? Tyd opmaak of spaar? Vir wat? Maak ons smagting na alles wat kits en maklik is, ons nie juis arm mense nie β mense wat vinniger as tyd probeer leef?
Dit gebeur ook in die kerk en met my geloof. Ek stap klokslag die kerkgebou binne, verwag βn mooi-verpakte en maklik verteerbare prekie en dan reken ek βek het weer bietjie pitkos vir die week gekry.β Die preek moet ook maar instant wees. Die dominee moet my die detail spaar en tot die punt kom. Ek gee my geldjie aan die einde van die diens en op pad huis toe stop ek by McDonaldβs. Ek is tweede in die ry. Voor my in die ry staan βn ma, seker in haar veertigs, met drie kinders….