Bak en Rou: Die genade om te lag terwyl jy huil

Ek staan in die kombuis, besig om ‘n koek te bak vir Emily se verjaarsdag. Die opgewondenheid borrel. Sy is reg langs my – hande vol meel, en ‘n gesiggie vol afwagting. Sy help my om die bestanddele in te gooi en te meng, en die versiersuiker is oral – ons is besig met die geel rant om die LEGO koek.

En toe, terwyl ek die versiersuiker roer, lui my foon. Dis ‘n vriendin. Haar woorde: “Nadia, it’s getting cold and dark but we still have an hour’s drive left…” Gister het sy my ook gekontak – net ‘n benoude WhatsApp wat vra ek moet dringend bid. Haar kleinseun (4) was in ‘n fratsongeluk en sy pa jaag met hom hospitaal toe. Kort daarna kom nog ‘n korter boodskap: “He has died!”. Terwyl ek koek versier is hulle op pad van die Paarl af om by haar seun en skoondogter in Mpumalanga te wees.

En daar staan ek toe – een hand vol geel versiersuiker, en die ander hand met ‘n foon wat in die afgelope paar ure die middelman van baie seer nuus en gesprekke was. Ek voel hoe twee wêrelde bots – een vol verjaarsdagvreugde vir ‘n 8-jarige, die ander vol onbeskryflike pyn oor ‘n 4-jarige.

Ek kan nie die een kant toe skuif om eers net by die ander te wees nie. Ek is gelyktydig in beide. En dis moeilik.

Die maklikste sou wees om die foon neer te sit en net koek te versier – net te bly by wat mooi is. En ek dink ons doen dit dikwels. Ons hardloop verby die seer, vermy dit, wens dit weg. Ons klou aan die lekker, die lig, die vreugde en versiersuiker – en hoop dit is genoeg om die res stil te hou.

Maar die waarheid is: ons lywe weet van die pyn. Al probeer ons dit onderdruk of wegsteek, word dit tog iewers binne-in ons gebêre. En dan, jare later, wonder ons waar die maagsere, hoë bloeddruk of hartprobleme vandaan kom. Dis ons liggame wat fluister – of skree – oor wat ons siel nie erken het nie.

Ons vergeet dat pyn nie net verbygaan as jy dit ignoreer nie. Dit sit, dit wag. En tensy ons dit uithaal, aanspreek, erken, raak dit deel van ons – ‘n ongenooide gas wat sy eie spasie in ons binneste vat.

Ek onthou hoe Nataniël eenkeer vertel het van ‘n familie wat al hulle probleme letterlik onder die sitkamer-mat in vee. Die huis het altyd netjies gelyk, maar op ‘n stadium kon niemand meer oor die mat loop nie – dit het so bol gestaan van al die weggesteekte goed, dat selfs die koffietafel nie meer daarop kon staan nie.

Ek sê nie ons moet nou in selfbejammering verval nie. Ek sê net: ons moet ophou om te leef asof seer geen reg het op ons aandag nie. Want dit het. Want dit maak deel uit van die lewe. En ons kan nie werklik heel wees as ons net die mooi vashou nie.

Wat as ons leer om beide vas te hou? Wat as ons kan sê: ek lag, én ek huil. Ek is bly, én ek is hartseer. En dis okay. Albei is welkom.

Soms is lag en huil bedmaats. Soms verdiep die pyn ons vermoë om vreugde te waardeer. Soos daai glas koue water ná ‘n lang, warm, uitputtende draf – dis soveel lekkerder as die een wat jy drink sonder enige moeite vooraf.

Maar dan wonder ek: hoe doen mens dit regtig? Hoe hou ek die pyn vas sonder om daarin vas te val? Hoe stap ek saam met die seer, sonder om te bly lê?

Ek weet ek kry dit net reg as ek bewus is van God se teenwoordigheid in albei. Dis wanneer ek onthou dat Hy tegelyk daar is – by die LEGO-koek én by die rou. Hy lag saam met my dogtertjie, en Hy huil saam met my vriendin. Hy is teenwoordig in die uiterstes van my menswees.

There’s a grace when the heart is under fire
Another way when the walls are closing in
And when I look at the space between
Where I used to be and this reckoning
I know I will never be alone


“Another in The Fire” deur Bethel Music


En dís genade: nie dat ons pyn gespaar word nie, maar dat ons nooit alleen daarin hoef te wees nie. Nie dat die lewe altyd net mooi is nie, maar dat God teenwoordig is in die mooi én die seer. Dis dalk die grootste geskenk: dat ek mag lag terwyl ek trane afvee. Dat ek nooit net die een gevoel op sy eie hoef te dra nie.


Lees soortgelyk

Lonely. No fun – With wings

’n Lekker ironiese koffiebestelling herinner my: selfs in die woestyn van onsekerheid en swaarkry het God jou nie vergeet nie — jy het nog…

DeurNadia MullerJun 26, 2025

Wees eerlik: is jy ook ‘n f*kop?

“Genade is dat die Here f*kops liefhet” – oom Dirk se wysheid bly my by. Mense wat hul gebrokenheid erken, skep ruimte vir ware…

DeurDJ MullerJun 23, 2025

Nuut: Van binne af buite toe

Christenskap gaan nie net oor karakter nie — dit gaan oor identiteit. Om aan Christus te behoort is ‘n radikale metamorfose wat ‘n nuwe…

DeurDJ MullerJun 8, 2025

’n R1-les in dankbaarheid

’n R1 mag vir jou niks beteken nie, maar vir ’n honger kind beteken dit ’n bord kos met smaak – en ’n droom…

DeurNadia MullerMay 16, 2025

Wil God of wil Hy nie?

Is God se wil iets om te verstaan… of iets om te vertrou? Want soms, ten spyte van seer en vrae, sê die hart…

DeurDJ MullerMay 9, 2025

Pantoffels vir die preekstoel

Met of sonder skoene, staan ons almal elke dag in verskillende rolle of met verskillende hoedens op. Maar ons bly een mens – gevorm…

DeurNadia MullerApr 15, 2025

𝐆𝐞𝐥𝐨𝐨𝐟, 𝐣𝐨𝐞𝐫𝐧𝐚𝐥𝐢𝐬𝐭𝐢𝐞𝐤 𝐞𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐨𝐧𝐡𝐞𝐢𝐥𝐢𝐠𝐞 𝐬𝐨𝐬𝐢𝐚𝐥𝐞 𝐦𝐞𝐝𝐢𝐚-𝐨𝐨𝐫𝐥𝐨𝐠

In ’n wêreld waar waarheid en sensasie deur mekaar loop, roep geloof ons tot verantwoordelike onderskeiding op sosiale media. Hierdie rubriek verken ons rol…

DeurDJ MullerMar 31, 2025

Beloftes van lig – Sleepvoet deur die Kalahari-sand

In die diep donkerte van die Kalahari voel elke stap deur sagte sand soos drie. Maar soms is al wat jy nodig het net…

DeurDJ MullerMar 21, 2025

Seer is onvermydelik, maar lyding is ’n keuse

Seer is onvermydelik, maar lyding is ’n keuse. Wanneer verwyte ons vasvang, gee ons ons krag weg. Ware vryheid begin wanneer ons verantwoordelikheid aanvaar—nie…

DeurDJ MullerMar 3, 2025

Elke hart het ‘n letsel of ‘n rolstoel

Ons almal dra letsels—sommige sigbaar, ander diep versteek in ons harte. Maar net omdat ’n wond nie gesien kan word nie, beteken dit nie…

DeurNadia MullerMar 3, 2025

Languedoc se ryk ou man

Ek wonder of my begrip van “baie het” reg gekalibreer is? My tuinman s’n is wel, dink ek.

DeurDJ MullerFeb 12, 2025

Weet jy nie, weet jy nie jy’s ‘n tempel?

Ons liggame is God se tempel—maar sorg ons daarvoor soos ons moet? Nadia deel oor hoe ons gesondheid ’n daad van gehoorsaamheid aan God…

DeurNadia MullerJan 10, 2025

Wees hiervan seker in 2025!

2025 beloof seisoene van vreugde en stryd, maar een ding bly seker: God is teenwoordig in elke oomblik. Omhels elke seisoen, want selfs in…

DeurDJ MullerJan 1, 2025

Liefde het ‘n lyf nodig

Ware liefde is nooit net ’n abstrakte idee nie; dit het ’n lyf nodig. Jesus se menswording wys hoe liefde tasbaar raak deur teenwoordigheid.

DeurDJ MullerDec 23, 2024

“Ligvoet op Sondae” – Waar is ons vreugde?

’n Karwag het gesê Sondae oggende is die moeilikste, want kerkmense is nors, suinig en ongeskik. Wat sê dit oor ons vreugde en getuienis…

DeurDJ MullerDec 11, 2024

Veiligheid van die bekendheid

Ek wonder of ons nie veilig voel wanneer ons ‘n stuk van ‘n veilige verlede weer ervaar nie – die bekendheid van reuke, smake,…

DeurDJ MullerNov 9, 2024

Wet-wipes of Nardus olie?

“In daardie vyf minute van sit met haar voete op my skoot het ek weer besef dat Jesus nie is wie ek dink Hy…

DeurNadia MullerOct 27, 2024

Soms moet ek doelbewus opkyk

As jy jouself vang dat jou hart donker of swaar is, stop ’n oomblik: Kyk op en soek Hom wat vir jou lewe gee.

DeurNadia MullerSep 26, 2024

Soms skuil ek in ‘n grot

“Ons het nou ’n ooreenkoms: as sy voel soos sy voel en nie weet hoekom nie, sê sy vir my: ‘Pappa, ek gaan grot…

DeurDJ MullerSep 21, 2024

As die rand(e) val

Sou ‘n muntstuk my genoeg kon leer oor gelykheid dat ek, soos Jesus, met vreemdelinge om ‘n tafel kon sit?

DeurNadia MullerSep 8, 2024

Dis vrek seer, maar somehow okay!

“Hoe sê ons dit vir die kinders?” wonder ek. “Natuurlike oorsake? Sy het weggeraak? Sy is opgeneem en gaan dit nie maak nie?”

DeurDJ MullerSep 3, 2024

Ek’s ‘n McDonald’s mens

Ons kitslewe steel ons geduld, geloof en gemeenskap. Hoe ons behoefte aan onmiddellike bevrediging ons ware rykdom verminder.

DeurDJ MullerAug 25, 2024

Waarheen het ons tuinhekkies verdwyn?

Ek onthou uit my kinderdae ‘n hele paar tuinhekkies. Maar dis nie die hekkies in die voortuin wat by my bly nie. Dit is…

DeurDJ MullerAug 23, 2024

Vir ingeval – ‘n Gedig

iets het voor my son inbeweeg en die lig kom steel daar is net genoeg oor dat ek nie tromp-op teen ‘n muur vas…

DeurDJ MullerAug 23, 2024

Stop en sien die son

Die padwerke in die vallei het ons in ‘n web van stop-en-go’s gevang. Hierdie gedwonge onderbrekings is ‘n bron van groot frustrasie, ‘n voortdurende…

DeurDJ MullerAug 23, 2024

Wysheid van ‘n Paternoster graf

In Paternoster het ek ‘n vriend gemaak – ‘n wyse kind uit 1981 en sy grafsteen van 1988. Hy weet nie dat ek soggens…

DeurDJ MullerJul 18, 2024