Die “Jesus-bolt”: Méér as net ‘n redder in lugvaart

Ek het jare terug ’n microlight gevlieg. Nie ’n groot of indrukwekkende vliegtuig nie – eintlik maar net ‘n windpomp met ‘n enjin en ‘n vlerk. Wat min mense weet, is dat die hele microlight – die karretjie met die enjin en die vlerk – met een enkele bout aan mekaar vasgesit is. Een. As daardie bout loskom, is daar niks meer wat vlieg nie. Net gravitasie. En gebed. In lugvaart noem ons hom die “Jesus-bolt.”


Dit is ook dié bout wat die hoofrotor van ’n helikopter aan die res van die masjien vasmaak. Sonder daardie bout… wel, daar is nie ’n helikopter sonder hom nie.

In die 2de week van April 2025 het so ’n helikopter in die Hudsonrivier geval. Die rotor het – volgens ooggetuies – losgekom. Die helikopter het doelloos begin tol, toe neergestort. Ses mense dood. Die ondersoek fokus nou op die “Jesus-bolt.” Die een deel wat móés hou. Die een deel wat nie mag breek nie.

Ek kan nie help om te wonder nie: wat gebeur as ons Jesus-bolt ontbreek?

Wat gebeur as Jesus – nie net uit ons politiek of ons skole nie – maar uit ons persoonlike lewens sou verdwyn? Wanneer ons leef sonder daardie een kern-deel wat alles bymekaarhou? Dis maklik om Hom af te skroef of uit te haal sonder dat ons dit eers agterkom. Een rat hier, een morele kompromie daar. ’n Bietjie minder gebed. ’n Bietjie minder luister. ’n Bietjie meer “ek sal self regkom.”

Maar sonder Hom tol ons. Sonder Hom val ons.

Hier in Lydenstyd herdenk ons juis die krag van daardie Een wat nie gebreek het nie. Jesus – wat nie net ons sonde gedra het nie, maar ook die dood in die gesig gestaar het. En toe, op die Sondagoggend, die onmoontlike oorbrug het: Hy’t opgestaan. En toe sê Hy: “Ek is met julle, tot aan die einde van die wêreld.”

Hy is letterlik ons “Jesus-bolt”. Die een wat dra. Die een wat vashou. Sonder Hom, is daar net verdriet.


Lees soortgelyk

Wees eerlik: is jy ook ‘n f*kop?

“Genade is dat die Here f*kops liefhet” – oom Dirk se wysheid bly my by. Mense wat hul gebrokenheid erken, skep ruimte vir ware…

DeurDJ MullerJun 23, 2025

Nuut: Van binne af buite toe

Christenskap gaan nie net oor karakter nie — dit gaan oor identiteit. Om aan Christus te behoort is ‘n radikale metamorfose wat ‘n nuwe…

DeurDJ MullerJun 8, 2025

Wil God of wil Hy nie?

Is God se wil iets om te verstaan… of iets om te vertrou? Want soms, ten spyte van seer en vrae, sê die hart…

DeurDJ MullerMay 9, 2025

Pantoffels vir die preekstoel

Met of sonder skoene, staan ons almal elke dag in verskillende rolle of met verskillende hoedens op. Maar ons bly een mens – gevorm…

DeurNadia MullerApr 15, 2025

𝐆𝐞𝐥𝐨𝐨𝐟, 𝐣𝐨𝐞𝐫𝐧𝐚𝐥𝐢𝐬𝐭𝐢𝐞𝐤 𝐞𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐨𝐧𝐡𝐞𝐢𝐥𝐢𝐠𝐞 𝐬𝐨𝐬𝐢𝐚𝐥𝐞 𝐦𝐞𝐝𝐢𝐚-𝐨𝐨𝐫𝐥𝐨𝐠

In ’n wêreld waar waarheid en sensasie deur mekaar loop, roep geloof ons tot verantwoordelike onderskeiding op sosiale media. Hierdie rubriek verken ons rol…

DeurDJ MullerMar 31, 2025

Beloftes van lig – Sleepvoet deur die Kalahari-sand

In die diep donkerte van die Kalahari voel elke stap deur sagte sand soos drie. Maar soms is al wat jy nodig het net…

DeurDJ MullerMar 21, 2025

Burgerskap: Wanneer stof van die hemel aan jou vellies klou

Jy dra jou burgerskap sigbaar, hoorbaar, leefbaar. Dit bepaal hoe jy leef, ander behandel, praat en dink. Paulus herinner ons: Jy is eerste burger…

DeurDJ MullerMar 21, 2025

Die Antwoord op “hoekom” lê in “Wie”

Wanneer die lewe breek en die hoekom?-vrae jou hart deurboor, bly die kruis staan—maar dit is leeg. Daar is seer, maar daar is ook…

DeurNadia MullerMar 19, 2025

Elke hart het ‘n letsel of ‘n rolstoel

Ons almal dra letsels—sommige sigbaar, ander diep versteek in ons harte. Maar net omdat ’n wond nie gesien kan word nie, beteken dit nie…

DeurNadia MullerMar 3, 2025