Appels, Braambessies en Geloofsonderskeiding

Wanneer ek voor God staan en vra: “Here, A of B?”, dan is die antwoord eenvoudig indien A iets soos appels is en B iets soos bomme. Die keuse is voor die hand liggend – natuurlik appels! Ek en God is immers nie pro geweld nie. Al lees ons soms van geweldadigedinge in die Ou Testament, is God in sy wese liefde.

Maar wanneer die keuse appels of braambessies is, is dit nie meer so eenvoudig nie. Vir die appels klim ek in my kar en ry winkel toe. Dis vinnig en gerieflik. Vir die braambessies trek ek my tekkies aan en stap teen die berg op om self te gaan pluk. Om eerlik te wees, die tweede opsie is gewoonlik vir my die beter een. Ek is mal oor die berg, en ek sal enige dag eerder vars braambessies eet as ’n appel. Maar as dit baie reën, is dit ’n ander storie, dan is die bergpad ’n modderbad en dalk kies ek dan maar tog vir die winkel se appels.

Nou wonder jy dalk: wat het appels en braambessies met geloofsonderskeiding uit te waai? Miskien niks, maar vir my illustreer dit iets belangriks.

Baie van die keuses wat ons in die lewe moet maak, is nie eenvoudig tussen goed en sleg nie, dis nie altyd ’n stryd tussen appels en bomme nie. Dikwels is dit keuses tussen goed en beter. Dan draai ons vas. Ons staan voor God met ’n keuse in die hand en wag vir ’n stem uit die hemel of ’n vers in die Bybel wat sê: “Kies dié een.”

Hoe maklik sou die lewe nie gewees het as God só gewerk het nie! Maar die waarheid is: God gee nie altyd antwoorde in hoofletters nie. Hy is nie noodwendig so besorg oor of jy in Kaapstad of Johannesburg bly, of jy in jou huidige werk bly of aansoek doen vir iets anders nie. Wat vir Hom saak maak is jy, jou hart, jou lewe, jou verhouding met Hom.

Hoekom bid ons dan oor sulke keuses as Hy tog tevrede sou wees met albei? Want ons is sy kinders. Hy wíl deel wees van ons lewens, ons drome, ons vrae. Hy gaan jou nie in ’n rigting indwing nie, maar Hy wil saam met jou op pad wees. Sy droom vir jou is goed en mooi, ja, maar die wêreld is stukkend — selfs die beste keuse gaan nie altyd maklik of mooi wees nie.

Ek het besef: geloofsonderskeiding gaan nie net oor krisistye waarin ons desperaat aan God se deur klop en op bevestiging aandring nie. 

Geloofsonderskeiding is:

Om appels te kies, en vir God te nooi om saam winkel toe te ry. Om Hom te nooi om saam met my die kassier vriendelik te groet, saam die karwag in die oë te kyk en sy menswees raak te sien. Om saam met Hom die appels te betaal, dalk selfs ’n ekstra brood te koop vir iemand langs die pad.
Of om braambessies te kies, en saam met God teen die berg uit te stap, saam oor die uitsig verstom te staan, saam die vars bessies te pluk en die soet-suur daarvan te geniet.

Geloofsonderskeiding is nie om antwoorde van God af te verwag nie. Dis om te besef: Hy is altyd die antwoord, omdat Hy altyd dáár is.
Dus is die vraag by geloofsonderskeiding nie wat God vir my kan doen of gee nie, maar wat ek vir Hom kan doen en gee.

Uiteindelik is die enigste ding wat ons vir Hom kan gee, onsself.

Richard Rohr sê in sy boek The Universal Christ dat God se liefde ’n selfgiving love is, liefde wat gee. Dis die liefde wat God vir ons het, en die liefde wat ons vir Hom moet hê: liefde wat gee, selfs as dit moeilik is. Liefde wat gee, al is jy kwaad. Liefde wat jouself gee, soos die 72 wat uitgestuur is na onbekende plekke, en vertel wie God is, met vertroue dat Hy sal sorg, of jy aanvaar of verwerp word.

Soos ek hier skryf, besef ek hoe waar dit is wat ek sê. Maar ek weet ook: wanneer die volgende moeilike besluit opduik, gaan ek waarskynlik weer wag vir daardie stem of vers. Ek gaan weer wens God kies namens my, maar ten minste, soos ek hier sit, weet ek God is hier. Dis genoeg.

Vir my is dít geloofsonderskeiding.


Lees soortgelyk

Daniël-vas: “Seën ons Vader – wat ons eet en wanneer ons nié eet”

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat ek begin voorberei om saam met mense wêreldwyd die Daniël-vas te doen. Hierdie jaar begin…

DeurNadia MullerDec 31, 2025

Ek wens soms ek het anders gebid

‘n Kykie na wat dit beteken om God se teenwoordigheid te ontdek – nie net in wonderwerke nie, maar juis in siekte, seer en…

DeurNadia MullerJul 31, 2025

“I see you. It’s okay. I forgive you.”

Ons gesels gereeld oor hoe dit lyk aan die gee-kant van vergifnis, maar hierdie ervaring help mens om iets te verstaan van die ontvang-kant:…

DeurDJ MullerJul 30, 2025

Wees eerlik: is jy ook ‘n f*kop?

“Genade is dat die Here f*kops liefhet” – oom Dirk se wysheid bly my by. Mense wat hul gebrokenheid erken, skep ruimte vir ware…

DeurDJ MullerJun 23, 2025

Nuut: Van binne af buite toe

Christenskap gaan nie net oor karakter nie — dit gaan oor identiteit. Om aan Christus te behoort is ‘n radikale metamorfose wat ‘n nuwe…

DeurDJ MullerJun 8, 2025

Wil God of wil Hy nie?

Is God se wil iets om te verstaan… of iets om te vertrou? Want soms, ten spyte van seer en vrae, sê die hart…

DeurDJ MullerMay 9, 2025

Pantoffels vir die preekstoel

Met of sonder skoene, staan ons almal elke dag in verskillende rolle of met verskillende hoedens op. Maar ons bly een mens – gevorm…

DeurNadia MullerApr 15, 2025

Die “Jesus-bolt”: Méér as net ‘n redder in lugvaart

In Lydenstyd dink ons aan Jesus se kruis en opstanding – die kern van ons geloof. Maar wat gebeur as daardie kern verdwyn? Soos…

DeurDJ MullerApr 15, 2025

𝐆𝐞𝐥𝐨𝐨𝐟, 𝐣𝐨𝐞𝐫𝐧𝐚𝐥𝐢𝐬𝐭𝐢𝐞𝐤 𝐞𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐨𝐧𝐡𝐞𝐢𝐥𝐢𝐠𝐞 𝐬𝐨𝐬𝐢𝐚𝐥𝐞 𝐦𝐞𝐝𝐢𝐚-𝐨𝐨𝐫𝐥𝐨𝐠

In ’n wêreld waar waarheid en sensasie deur mekaar loop, roep geloof ons tot verantwoordelike onderskeiding op sosiale media. Hierdie rubriek verken ons rol…

DeurDJ MullerMar 31, 2025

Beloftes van lig – Sleepvoet deur die Kalahari-sand

In die diep donkerte van die Kalahari voel elke stap deur sagte sand soos drie. Maar soms is al wat jy nodig het net…

DeurDJ MullerMar 21, 2025

Burgerskap: Wanneer stof van die hemel aan jou vellies klou

Jy dra jou burgerskap sigbaar, hoorbaar, leefbaar. Dit bepaal hoe jy leef, ander behandel, praat en dink. Paulus herinner ons: Jy is eerste burger…

DeurDJ MullerMar 21, 2025

Die Antwoord op “hoekom” lê in “Wie”

Wanneer die lewe breek en die hoekom?-vrae jou hart deurboor, bly die kruis staan—maar dit is leeg. Daar is seer, maar daar is ook…

DeurNadia MullerMar 19, 2025

Elke hart het ‘n letsel of ‘n rolstoel

Ons almal dra letsels—sommige sigbaar, ander diep versteek in ons harte. Maar net omdat ’n wond nie gesien kan word nie, beteken dit nie…

DeurNadia MullerMar 3, 2025

NUUT: Bybelstudie Sprints – kort, kragtige studies vir jou geloofsreis

Ontdek Bybelstudie Sprints! Kort, kragtige studies van 2 tot 5 sessies vir individue of groepe. Die eerste twee temas – Sabbat en Vergifnis -…

DeurDJ MullerJan 31, 2025

“Ek wil ook gedoop word”

“Ek wil ook gedoop word”, sê klein Emma (6) ‘n paar weke gelede vir haar mamma. Hierdie doop word toe “a glimpse of the…

DeurDJ MullerJan 22, 2025

Wees hiervan seker in 2025!

2025 beloof seisoene van vreugde en stryd, maar een ding bly seker: God is teenwoordig in elke oomblik. Omhels elke seisoen, want selfs in…

DeurDJ MullerJan 1, 2025

Liefde het ‘n lyf nodig

Ware liefde is nooit net ’n abstrakte idee nie; dit het ’n lyf nodig. Jesus se menswording wys hoe liefde tasbaar raak deur teenwoordigheid.

DeurDJ MullerDec 23, 2024

“Ligvoet op Sondae” – Waar is ons vreugde?

’n Karwag het gesê Sondae oggende is die moeilikste, want kerkmense is nors, suinig en ongeskik. Wat sê dit oor ons vreugde en getuienis…

DeurDJ MullerDec 11, 2024

U welkom matjie

ons het al talle kere lekker saam aan U tafel geëet terwyl die bure buite raas hier was dit nog altyd stil en salig…

DeurDJ MullerNov 21, 2024

“Uit voorraad”

Hierdie stuk poësie verwoord iets van die hartseer oor wat die kerk vir baie geword het.

DeurDJ MullerOct 30, 2024

Soms moet ek doelbewus opkyk

As jy jouself vang dat jou hart donker of swaar is, stop ’n oomblik: Kyk op en soek Hom wat vir jou lewe gee.

DeurNadia MullerSep 26, 2024

“Gee my vandag my daaglikse ladybug”

God gebruik klein tekens, soos ’n ladybug, om my aan Sy nabyheid te herinner in elke oomblik, deur vreugde en pyn, as ’n fluistering…

DeurNadia MullerAug 27, 2024

Kitaar van Geloof: Hoe ons saamklink

Ontdek hoe God, jou unieke rol en die kerk saamwerk soos snare op ‘n kitaar om harmonie in die wêreld te skep. Die kerk…

DeurDJ MullerAug 24, 2024

Die pyn tussen my en Jesus

“𝐈𝐬 𝐝𝐢𝐭 𝐦𝐨𝐨𝐧𝐭𝐥𝐢𝐤 𝐝𝐚𝐭 𝐞𝐤 𝐢𝐧 𝐝𝐚𝐚𝐫𝐝𝐢𝐞 𝐬𝐞𝐞𝐫𝐤𝐫𝐲 𝐨𝐨𝐦𝐛𝐥𝐢𝐤 𝐧𝐢𝐞 𝐦𝐲 𝐞𝐢𝐞 𝐧𝐢𝐞, 𝐦𝐚𝐚𝐫 𝐉𝐞𝐬𝐮𝐬 𝐬𝐞 𝐩𝐲𝐧 𝐞𝐫𝐯𝐚𝐚𝐫 𝐡𝐞𝐭?” Het jy al ooit by…

DeurNadia MullerAug 23, 2024

Ses Preke Later: Jesus se roepstem by my put

Ek wou regtig nie wéér Sondag oor Johannes 4 preek, oor Jesus wat die Samaritaanse vrou by die put ontmoet nie, maar God het…

DeurNadia MullerAug 23, 2024