Languedoc se ryk ou man



Woensdag ry ek saam met ’n skatryk man in die rigting van Franschhoek.

Ons praat onder andere oor die arm mense in die plakkerskamp. Sy klere het ’n kenmerkende reuk. Dit is nie die tipe reuk wat jy in Ackermans, Refinery of selfs Woolworths kry nie. Ek was nog nooit by Zara nie, so ek weet nie hoe dit daar ruik nie. My klere ruik ook nie soos syne nie. Hy vertel vir my oor die trips waarop sy kinders die naweek gaan. Hy noem terloops dat hy daarvoor betaal. “Sy kinders moet hul sterre dank,” dink ek. Ons draai regs en begin die Helshoogtepad ry. Verby Boschendal praat ons oor geloof en hoe hy tans met sy gesondheid sukkel. Hy vertel oor die fancy hospitaal waar hy toetse laat doen. Ek wonder hoe dit daar lyk? Ek was nog nie daar nie!

Skielik neem ons gesprek ’n ander rigting in toe hy vertel van hoe die pasiënte by die hospitaal so kla. Ek het hom nog nooit hoor kla nie. Nog voordat ek hom kon vra hoekom hy nooit kla nie, sê hy:

“Die Here gee dan vir my so baie, ek is dan skatryk. Mens kan mos nie dan so kla soos daai mense nie.”

Ons draai voor Helshoogte links en ry oor ’n enkelbruggie Languedoc binne. Net voor die eerste stop trek ek van die pad af en laai hom af. Sy kindertjies kom oor die stowwerige erf aangehardloop, met hande wat ver uitgestrek is, en roep: “papppppaaaaa!!” Een klou aan sy blou overall vas terwyl hulle na sy een-vertrek Wendy toe stap.

Kerneels staan voor sy Wendyhuis in Languedoc.



Ek ry effens skaam huis toe.

Ek wonder of ek in ’n Wendy sal bly. Ek wonder of ek ook sou dink dat ’n staatshospitaal fancy is. Ek wonder of ek ’n taxirit dorp toe om skoolskoene te gaan soek, ’n trip kan noem waaroor kinders opgewonde kan wees. Ek wonder of my klere soos modder, sweet en snuif kan ruik.

Ek wonder of my begrip van “baie het” reg gekalibreer is? My tuinman s’n is wel, dink ek.

Nota: Ons tuinsman, Kerneels, was grootendeels die tipping point vir die ontstaan van 2dominees.co.za. Lees hier hoekom.


Lees soortgelyk

Hoekom kan mens nie sop met ‘n vurk eet nie?

Ons verwag dikwels van ander om behoeftes te vervul waarvoor hulle nie toegerus is nie. Maar wat as hulle ‘n vurk is – en…

DeurDJ MullerJan 22, 2026

“I see you. It’s okay. I forgive you.”

Ons gesels gereeld oor hoe dit lyk aan die gee-kant van vergifnis, maar hierdie ervaring help mens om iets te verstaan van die ontvang-kant:…

DeurDJ MullerJul 30, 2025

Lonely. No fun – With wings

’n Lekker ironiese koffiebestelling herinner my: selfs in die woestyn van onsekerheid en swaarkry het God jou nie vergeet nie — jy het nog…

DeurNadia MullerJun 26, 2025

Bak en Rou: Die genade om te lag terwyl jy huil

Ek voel hoe twee wêrelde bots – een vol verjaarsdagvreugde vir ‘n 8-jarige, die ander vol onbeskryflike pyn oor ‘n 4-jarige.

DeurNadia MullerJun 24, 2025