U welkom matjie

ons het al talle kere lekker saam aan U tafel geëet

terwyl die bure buite raas

hier was dit nog altyd stil en salig – ’n lafenis

vir ’n moeë siel

ek sien sommige gaste se tasse staan al in die gang

hulle is seker al amper op pad?

U nooi hul vir nóg ’n koppie tee

ek weet van kere wat ek my kamerdeur toegeklap het

en alleen op my bed gaan lê het, met die vensters oop

dat ek die bure se musiek kan hoor

maar dan eerder U voetstappe in die gang hoor aankom

en aan my deur kom klop

ek moet erken – soms wou ek ook al my tassie pak

maar ek het nie

want die die welkom matjie voor U deur groet my op my naam


Lees soortgelyk

Daniël-vas: “Seën ons Vader – wat ons eet en wanneer ons nié eet”

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat ek begin voorberei om saam met mense wêreldwyd die Daniël-vas te doen. Hierdie jaar begin…

DeurNadia MullerDec 31, 2025

Ek wens soms ek het anders gebid

‘n Kykie na wat dit beteken om God se teenwoordigheid te ontdek – nie net in wonderwerke nie, maar juis in siekte, seer en…

DeurNadia MullerJul 31, 2025

“I see you. It’s okay. I forgive you.”

Ons gesels gereeld oor hoe dit lyk aan die gee-kant van vergifnis, maar hierdie ervaring help mens om iets te verstaan van die ontvang-kant:…

DeurDJ MullerJul 30, 2025

Appels, Braambessies en Geloofsonderskeiding

Baie van ons keuses is nie tussen goed en sleg nie, maar tussen goed en beter. Geloofsonderskeiding is om te weet: God kies nie…

DeurNadia MullerJul 7, 2025