Dis vrek seer, maar somehow okay!

Powered by RedCircle

Hulle maak 08:00 oop, en toe ek 08:01 die veearts bel, het die ontvangsdame vinnig opgetel. TΓ© vinnig. Ek moes vir ons oudste hondjie β€˜n afspraak maak. Sy is 15 en dit lyk of diΓ© blinde steekbaardjie nou demensie ook het. β€œNadia sal haar dan 11:30 bring, baie dankie,” sΓͺ ek en druk dood. Ek het geweet wat ek gedoen het. Maar ek moes. Reeds vir β€˜n week voor diΓ© oproep ontken ek ten sterkste wat ek wéét gaan gebeur. β€œNina kom nie weer huis toe nie, my skat,” laat weet Nadia my rondom 12:00. Ek was reg. En ek was kwaad omdat ek reg was.

β€œHoe sΓͺ ons dit vir die kinders?” wonder ek. “Natuurlike oorsake? Sy het weggeraak? Sy is opgeneem en gaan dit nie maak nie?”

Uiteindelik deel Nadia hul mee dat sy Nina laat uitsit het, want die veearts kon niks vir haar doen om dinge vir haar beter te maak nie. Net so. Eenvoudig, eerlik en reguit. My vrou is β€˜n sterk vrou! Ek is teen diΓ© tyd nog in Bellville besig en probeer aan maniere dink hoe ek saggies my kinders en die dood aan mekaar kan voorstel. Min wetend dat hul reeds voor die skool in die kar met hom kennis gemaak het.

Die middag was lank. Ek het ure lank probeer formuleer aan gesprekke oor wat gebeur het, hoekom dit gebeur het, hoe die dood werk, hoe mens dit kan hanteer en hoe dit deel is van die lewe. Ek was bang vir wat ek daardie middag by die huis sou aantref. En toe word ek verras. Lylah ontmoet my tussen die huis en die motorhuis. Sy gee my een lang en stywe druk. Ek kan hoor sy snik saggies. Toe sy my weer los, kyk sy met oΓ« na my wat sΓͺ β€œdis vrek seer, maar dis somehow okay.” Dieselfde met Emily.

“Leef hul in ontkenning? Besef hulle wat aangaan? Natuurlik doen hulle – hulle is nie stupid nie!” Miskien was dit die ontnugtering wat my die meeste gevang het. Die ontnugtering dat hulle baie meer okay is met die dood as wat ek dink. Hulle wil Nina se as hΓͺ, want ons moet β€˜n begrafnis hou. En weet jy wat… ons gÑÑn. Ek gaan sommer by Checkers β€˜n platter ook bestel.

Ek onthou uit ons studiedae dat die Hebreeuse woord vir dood β€œmoet” is (mens spel dit nie so nie, maar dit klink so). Hoe gepas? Die meeste dinge in die lewe is opsioneel of buigbaar. Veranderbaar. Maar die dood nie. Dit is die grootste konstante. Elke liewe mens gaan daarmee te doen kry. En tog is dit diΓ© ding waarvan ons die meeste probeer wegskroom. Ons probeer die dood met formulerings en praatjies sag maak. Ons soek β€˜n kas waarin ons dit kan laat wegkruip tot niemand meer daarna soek nie. Ek probeer my kinders grootmaak in β€˜n lewe sonder die dood. Tog mΓ³Γ©t die dood ook iewers leef.

Toe ek my vliegopleiding gedoen het, het ek gereeld stalls geoefen. Of β€˜n engine-out-after-take-off. Soms het ek in die circuit die enjin uitgesny en tot op die aanloopbaan gesweef. Dit help mens om op β€˜n manier gewoond te raak aan hoe ‘n noodgeval in jou lyf voel, sodat dit jou minder skok wanneer dit werklik gebeur. Dit vat die angel uit. Is dit nie maar met die dood dieselfde nie? As ons die angel uit die dood wil neem, help dit nie ons vermy enige kontak met die dood nie. Ons moet juis oomblikke skep waar ons veilig en β€œgekontroleerd” iets daarvan kan ervaar.

Daarom hou ons binnekort vir Nina β€˜n diens. Dis vrek seer, maar dis somehow okay.


Lees soortgelyk

Lonely. No fun – With wings

’n Lekker ironiese koffiebestelling herinner my: selfs in die woestyn van onsekerheid en swaarkry het God jou nie vergeet nie β€” jy het nog…

DeurNadia MullerJun 26, 2025

Bak en Rou: Die genade om te lag terwyl jy huil

Ek voel hoe twee wΓͺrelde bots – een vol verjaarsdagvreugde vir ‘n 8-jarige, die ander vol onbeskryflike pyn oor ‘n 4-jarige.

DeurNadia MullerJun 24, 2025

Wees eerlik: is jy ook ‘n f*kop?

“Genade is dat die Here f*kops liefhet” – oom Dirk se wysheid bly my by. Mense wat hul gebrokenheid erken, skep ruimte vir ware…

DeurDJ MullerJun 23, 2025

Nuut: Van binne af buite toe

Christenskap gaan nie net oor karakter nie β€” dit gaan oor identiteit. Om aan Christus te behoort is ‘n radikale metamorfose wat ‘n nuwe…

DeurDJ MullerJun 8, 2025

’n R1-les in dankbaarheid

’n R1 mag vir jou niks beteken nie, maar vir ’n honger kind beteken dit ’n bord kos met smaak – en ’n droom…

DeurNadia MullerMay 16, 2025

Wil God of wil Hy nie?

Is God se wil iets om te verstaan… of iets om te vertrou? Want soms, ten spyte van seer en vrae, sΓͺ die hart…

DeurDJ MullerMay 9, 2025

Pantoffels vir die preekstoel

Met of sonder skoene, staan ons almal elke dag in verskillende rolle of met verskillende hoedens op. Maar ons bly een mens – gevorm…

DeurNadia MullerApr 15, 2025

Beloftes van lig – Sleepvoet deur die Kalahari-sand

In die diep donkerte van die Kalahari voel elke stap deur sagte sand soos drie. Maar soms is al wat jy nodig het net…

DeurDJ MullerMar 21, 2025