iets het voor my son inbeweeg
en die lig kom steel
daar is net genoeg oor dat ek nie tromp-op teen ‘n muur vas dinges terwyl ek loop nie
my gordyne is oop en my bedliggies brand maar my huis bly donker en my bed onopgemaak
sal ek maar gaan lê?
of sal ek op die stoep gaan wag
vir môre of vir later
as strale dit tot oor die vensterbank maak? kan iemand asseblief net ‘n kers kom aansteek terwyl ek wag
my hande hou die stoepdeur op ‘n skrefie oop
net vir ingeval
Nota: Eens in my lewe het ek ook met depressie geworstel. Mens raak seker nooit daarvan ontslae nie. Tot vandag toe is dit nodig om doelbewus ligte aan te skakel sodra dit té donker begin voel. Dié gedig het ek geskryf namens elkeen wat vanaand lig soek…