Vir ingeval – ‘n Gedig

iets het voor my son inbeweeg

en die lig kom steel

daar is net genoeg oor dat ek nie tromp-op teen ‘n muur vas dinges terwyl ek loop nie

my gordyne is oop en my bedliggies brand maar my huis bly donker en my bed onopgemaak

sal ek maar gaan lê?

of sal ek op die stoep gaan wag

vir môre of vir later

as strale dit tot oor die vensterbank maak? kan iemand asseblief net ‘n kers kom aansteek terwyl ek wag

my hande hou die stoepdeur op ‘n skrefie oop

net vir ingeval

Nota: Eens in my lewe het ek ook met depressie geworstel. Mens raak seker nooit daarvan ontslae nie. Tot vandag toe is dit nodig om doelbewus ligte aan te skakel sodra dit té donker begin voel. Dié gedig het ek geskryf namens elkeen wat vanaand lig soek…


Lees soortgelyk

Hoekom kan mens nie sop met ‘n vurk eet nie?

Ons verwag dikwels van ander om behoeftes te vervul waarvoor hulle nie toegerus is nie. Maar wat as hulle ‘n vurk is – en…

DeurDJ MullerJan 22, 2026

“I see you. It’s okay. I forgive you.”

Ons gesels gereeld oor hoe dit lyk aan die gee-kant van vergifnis, maar hierdie ervaring help mens om iets te verstaan van die ontvang-kant:…

DeurDJ MullerJul 30, 2025

Lonely. No fun – With wings

’n Lekker ironiese koffiebestelling herinner my: selfs in die woestyn van onsekerheid en swaarkry het God jou nie vergeet nie — jy het nog…

DeurNadia MullerJun 26, 2025

Bak en Rou: Die genade om te lag terwyl jy huil

Ek voel hoe twee wêrelde bots – een vol verjaarsdagvreugde vir ‘n 8-jarige, die ander vol onbeskryflike pyn oor ‘n 4-jarige.

DeurNadia MullerJun 24, 2025