Twee Dominees: Die Begin

π“π°πžπž πƒπ¨π¦π’π§πžπžπ¬ het vanoggend vroeg, op pad na Pniel met ons tuinman in die motor, die lig gesien – al was dit nog nie buite lig nie. Hy het opgedaag, met ‘n sleeptong gepraat en wankelrig gestaan.

Hy drink glad nie, maar vertel my van die Donderdagaand wat hy beleef het. β€˜n Beroerte, lei ek af. Vier ure het hy vir β€˜n ambulans gewag, en by die hospitaal in Stellenbosch is hy met Panado’s huis toe gestuur en is aangesΓͺ om eers einde November die dokter te kom sien. Dit is nog drie maande weg. Vanoggend het hy nie eens geld gehad vir ‘n taxi nie, en hy het toe die 11 kilometer na ons toe geloop.

Ek was lanklaas so kwaad. Kwaad vir die land. Vir die ekonomie. Vir die medici. Vir die geskiedenis. Vir die sisteem.

Ek het iewers net gevoel ek moet kla en getuig van die onregmatigheid waarin ons leef.

Iewers anders in hierdie week was daar β€˜n heilige ontmoeting by β€˜n frustrerende stop-en-go met die vrou wat die radio en vlag hanteer terwyl haar kinders by die huis wag.

Daar is ook β€˜n liewenheersbesie wat tussen dominees beweeg.

Iewers wil ek en Nadia… nee, mΓ³Γ©t ek en Nadia kan praat. Kla. Vier. Vertel. En redeneer.

Nou is dit hier, op π“π°πžπž πƒπ¨π¦π’π§πžπžπ¬. Mag ons klaagliedere of lofpsalms iewers ook jou hart of gedagtes op β€˜n manier bedien.