Huweliksbevestiging | Eg en betekenisvol

Die huwelik is ‘n diep en heilige verbintenis—‘n belofte wat nie net op ‘n spesifieke dag gemaak word nie, maar oor ‘n leeftyd al hoe meer gebou word. Daarom sien ons huweliksbevestiging nie as ‘n kliniese formaliteit of ‘n tipe vertoning (entertainment vir jou gaste) nie, maar as ‘n geleentheid om God te verheerlik en ‘n paartjie te help om hul huwelik aan Hom toe te wy.



Ons het die voorreg om paartjies regdeur die Wes-Kaap in die huwelik te bevestig, maar ons glo dit is net so belangrik om saam met hulle ‘n pad te stap in voorbereiding vir die lewensreis wat voorlê. Ons bied nie net ‘n seremonie aan nie, maar ‘n ruimte vir gesprek en groei, sodat die dag nie net ‘n fees is nie, maar ‘n diep, betekenisvolle begin van iets wat werklik hou.

Daarom verkies ons om een of twee ontmoetings met paartjies te hê voor hul troudag, waar ons saam nadink oor kernaspekte van ‘n gesonde Christelike huwelik:

Persoonlikheid en grootwordjare – Hoe julle agtergrond en uniekheid ‘n invloed het op jul verhouding.
Kommunikasie – Hoe julle mekaar beter kan verstaan en ‘n sterk fondament van vertroue kan bou.
Verwagtings – ‘n Eerlike gesprek oor huwelikswaardes, rolle, finansies en toekomsdrome.
Geloof en Spiritualiteit – Die plek van God in julle verhouding en hoe geloof julle kan anker.

Ons is nie hier om ‘n “prag troue” op te voer nie – ons doen dit nie vir die show nie. Ons grootste doel is om die Here te verheerlik en om ‘n huweliksseremonie te help vorm wat Sy teenwoordigheid weerspieël. Dit is vir ons belangrik dat paartjies hierdie dag sien as ‘n toewyding aan mekaar én aan God.

Indien julle op soek is na iemand wat saam met julle kan droom, bid en bou aan ‘n betekenisvolle huweliksdag en pad saam, is julle welkom om met ons in verbinding te tree.

Vrae wat ons gereeld ontvang: