Eina – Lydenstyd Bybelstudie Sprint

Lydenstyd is ’n reis – ’n reis na die kruis, maar ook ’n reis na die diepste plekke van ons eie pyn en gebrokenheid. Ons almal ervaar teleurstelling, woede, verlies, siekte, emosionele seerkry en vrees.

Dit alles maak dat jou hart soms “eina” sê!

Jesus ken hierdie eina. Nie net omdat Hy God is nie, maar omdat Hy dit self ervaar het. Hy ken die steek van verwerping, die rou smart van verlies, die fisiese seer van ‘n geskeurde liggaam, die angs wat in Sy bors geklem het in Getsemane. Hy het nie net na ons pyn gekyk nie – Hy het dit ingestap.

Hierdie Lydenstyd Bybelstudie, EINA, neem jou op ‘n reis deur Jesus se lydenspad en wys hoe Hy mense in hul diepste nood ontmoet het – en hoe Hy vandag nog in jóú pyn teenwoordig is. Dit is ‘n studie oor teleurstelling, woede, selfbeeld, verlies, siekte, emosionele seerkry en vrees – maar meer nog, dit is ‘n studie oor ‘n Verlosser wat saam met jou ly en jou hoop gee.

“Only a suffering God can help.”

– Die woorde van Dietrich Bonhoeffer, ‘n man wat sy eie lyding in ‘n Nazi-tronk leer ken het.